BEGIN JOU EIE STALLETJIE

Versoeke om n stalletjie te begin by die Boeremark moet asseblief per epos gerig word aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Slegs aansoeke vir stalletjies wat of n landbouproduk, of kos of handgemaakte artikels wil verkoop sal oorweeg word. Die kostes vir die eerste Saterdag beloop R540 ( ‘n eenmalige intree-fooi van R400 en R140 vir die dag se staanplek) en daarna R140 / R170 / R190 afhangende van die grootte van die stalletjie verlang. Vir daaropvolgende Saterdae is die betrokke fooie vooruitbetaalbaar. Die nodige bankbesonderhede sal beskikbaar gestel word sodra u stalletjie geakkommodeer kan word. Vergewis uself asseblief van die reëls dokument ook op die webblad beskikbaar.  

LANDBOUPRODUKTE

Vars groente, vars vrugte, vleis, vis, hoender, suiwel, eiers, blomme en plante.

NAALDWERK

Handwerk artikels.

KOS

Enige vars voorbereide voedsel, ingemaakte produkte, gebak en bevrore voedsel.

PRODUSENTE




Sien hier

REGULASIES




Sien hier