TLU SA het 1992 baanbrekerswerk gedoen met die vestiging van 'n Boeremarkkonsep wat landswyd in verskillende vorms toegepas word. Die konsep berus op 'n verkorting in die prysketting tussen die produsent en die verbruiker, wat tot beide partye se voordeel strek.              

Die Boeremark word reeds vir twintig jaar suksesvol aangebied. Duisende verbruikers stroom Saterdagoggende na die mark om plaasprodukte by die produsente te koop. 

TLU SA verrig op hierdie wyse 'n welkome diens aan die produsent, sowel as aan die publiek wat die geleentheid aangryp om bekostigbare voedsel te bekom.