Ons is oop elke Saterdag behalwe Christelike vakansie dae.

Wanneer die meeste mense nog slaap op `n Saterdagoggend is die Boeremarkterrein reeds `n miernes van bedrywighede waar uitstallers hulle stalletjies opstel en opvul met vars groente, vrugte, vleis, gebak en mooi handwerk items.

Net na 5 uur daag die eerste gereelde kopers al op en begin al kuierend met hul inkopies. In die winter, gepantser teen die koue met musse en handskoene en `n kop-lampie of `n flits, word van vuurtjie na vuurtjie getrek om produkte te koop.

Na die inkopies is dit tyd om te kuier by koffiestalletjies om van te kies en te keur. Kry vir jou `n pannekoek of melkkos of pap en kaiings en ontspan `n wyle. Die Boeremark is `n gesinsmark en `n kuiermark en die gewildheid van die mark is voorwaar `n pluimpie vir die produsente en TLU SA.

Doen jouself gerus die guns om net een Saterdag vroeg uit die vere te klim en te kom kuier by die Boeremark, jy gaan verseker dit weer met `n opgewondenheid wil doen! Dit is die beste plek om te wees om die son te sien op kom.

Wanneer die meeste mense nog slaap op `n Saterdagoggend is die Boeremarkterrein reeds `n miernes van bedrywighede waar uitstallers hulle stalletjies opstel en opvul met vars groente, vrugte, vleis, gebak en mooi handwerk items. Net na 5 uur daag die eerste gereelde kopers al op en begin al kuierend met hul inkopies. In die winter, gepantser teen die koue met musse en handskoene en `n kop-lampie of `n flits, word van vuurtjie na vuurtjie getrek om produkte te koop. 

Na die inkopies is dit tyd om te kuier by koffiestalletjies om van te kies en te keur. Kry vir jou `n pannekoek of melkkos of pap en kaiings en ontspan `n wyle. Die Boeremark is `n gesinsmark en `n kuiermark en die gewildheid van die mark is voorwaar `n pluimpie vir die produsente en TLU SA. Doen jouself gerus die guns om net een Saterdag vroeg uit die vere te klim en te kom kuier by die Boeremark, jy gaan verseker dit weer met n opgewondenheid wil doen! Dit is die beste plek om te wees om die son te sien op kom.