Pretoria Boeremarkstalletjies
Kontak ons by ptaboeremark@tlu.co.za vir meer inligting oor stalletjies. Hier is ‘n kaart van die Pretoria Boeremarkstalletjies.
Begin jou eie stalletjie
Die Pretoria Boeremark, onder die vaandel van TLU SA, is vir die eerste keer gehou op 10 Oktober 1992, op ‘n stukkie grond tussen die N1 snelweg en die WNNR. Van die begin af was die mark ‘n groot sukses en die inkomste wat uit stalletjiefooie gegenereer word, word terug geploeg in landbou. Met die beplanningsfase van die ‘Innovation Hub’ het dit egter duidelik geword dat die ingangsroete na die ‘Hub’, deur die Boeremark se parkeerarea sou loop. Na verskeie opsies oorweeg is, is daar besluit om die mark te verskuif na die Pionier Museum se terrein in Januarie 2004 waar die mark gehou was tot in Julie 2017. Die Boeremark het besluit om n eie stukkie grond aan te koop. Die nuwe perseel is steeds in Silverton geleë met sy ingang in Moreletastraat waar die straat in die ooste doodloop.

Produkte
Produsente wat stalletjies by die mark het, kom van oral oor. Die mark funksioneer op die vryemarkstelsel en indien die produk nie ‘n landbou produk is nie, is die vereiste dat dit handgemaak moet wees. Tradisionele kos soos pap en kaiings, pannekoek, vetkoek en melkkos is baie gewild. ‘n Groot verskeidenheid van kossoorte is by die mark te koop. Vars brood, pasteie, tuisgebakte koekies en beskuit, heel hoenders en verwerkte hoenderprodukte, vleis en vleisprodukte, verskeie kaassoorte, vars melk, joghurt en ingemaakte produkte. Vars blomme, plante en saailinge is ook te koop. Daar is ook speserye, kruie, droë vrugte, neute, handgemaakte klere, juwele, staalkuns, houtwerk items en ‘n wye verskeidenheid van ander kunsvorms.
Die mark begin 5:30 elke Saterdag en loop teen 9.30 ten einde en is slegs op Christelike vakansiedae gesluit. Elke Saterdag kom duisende besoekers vir hulle weeklikse inkopies na die mark. Sommige kom net om vriende of familie te ontmoet en by een van die koffie plekkies te kuier.

Kostes
- R400 toetree fooi ( nie terug betaalbaar) plus R250 vir die eerste Saterdag en daarna R250 per Saterdag. Stalletjie fooie is vooruitbetaalbaar – verwys asb. na die volledige reëls, koste en werkswyse dokument
- ‘n E-pos moet gestuur word na ptaboeremark@tlu.co.za waarin die produk wat u wil verkoop vermeld moet word. Neem kennis dat alhoewel die mark op die vryemarkstelsel funksioneer ons die reg voorbehou om van tyd tot tyd n moratorium te plaas op sekere produkte/items.
- Die voornemende uitstaller moet nadat hy antwoord op sy e-pos ontvang het, eers by die mark na n beskikbare stalletjies kom kyk en n stalletjie kies waarna hy/sy dan die daarop volgende Saterdag die stalletjie kan beman. U moet met eie tafel en stoel, en n gazebo vir u stalletjie bring.