Pretoria Boeremark stalletjies
Kontak ons by ptaboeremark@tlu.co.za vir meer inligting oor stalletjies. Hier is ‘n kaart van die Pretoria Boeremarkstalletjies.
Begin jou eie stalletjie
- Die Stalletjies is 4m x 4.5m groot. Die 4 meter is straat front en 4.5m diep.
- R500.00 intreefooi is betaalbaar wat onder geen omstandighede terugbetaalbaar is nie.
- R1 325.00 (incl. VAT) per maand per stalletjie vooruit betaalbaar. Die fooi is betaalbaar hetsy die stalletjie elke Saterdag okkupeer word al dan nie.
- Alle fooie is vooruitbetaalbaar. Betalings kan gemaak word per EFT of per kaart in die kantoor – Pretoria Boeremark – FNB – 62383915629 – 250655
- Stalletjie eienaars moet self voorsiening maak vir krag om selfone en/of kaartmasjiene te kan laai (deur middel van sonkrag of batterye). Vir enige ander toestel word ‘n tarief bereken en skriftelik ooreengekom vir betaling per maand.
- Pretoria Boeremark hou die reg voor om nie hierdie huurooreenkoms te verleng nie.
- Die voornemende uitstaller moet nadat hy antwoord op sy e-pos ontvang het, eers by die mark na n beskikbare stalletjies kom kyk en ‘n stalletjie kies waarna hy/sy dan die daarop volgende Saterdag die stalletjie kan beman. U moet u eie tafel, stoel, en ‘n gazebo vir u stalletjie bring.
Produkte
Produsente wat stalletjies by die mark het, kom van oral oor. Die mark funksioneer op die vryemarkstelsel en indien die produk nie ‘n landbou produk is nie, is die vereiste dat dit handgemaak moet wees. Tradisionele kos soos pap en kaiings, pannekoek, vetkoek en melkkos is baie gewild. ‘n Groot verskeidenheid van kossoorte is by die mark te koop. Vars brood, pasteie, tuisgebakte koekies en beskuit, heel hoenders en verwerkte hoenderprodukte, vleis en vleisprodukte, verskeie kaassoorte, vars melk, joghurt en ingemaakte produkte. Vars blomme, plante en saailinge is ook te koop. Daar is ook speserye, kruie, droë vrugte, neute, handgemaakte klere, juwele, staalkuns, houtwerk items en ‘n wye verskeidenheid van ander kunsvorms.
Die mark begin 5:30 elke Saterdag en loop teen 9.30 ten einde en is slegs op Christelike vakansiedae gesluit. Elke Saterdag kom duisende besoekers vir hulle weeklikse inkopies na die mark. Sommige kom net om vriende of familie te ontmoet en by een van die koffie plekkies te kuier.
Ons stel graag ons nuwe aanlynstalletjie-aansoekproses bekend, wat die ou papieraansoekvorm vervang. Dit sal ons toelaat om vinniger op jou aansoek te reageer en sodoende meer klein besighede, entrepreneurs en boere by die Pretoria Boeremark ondersteun. // We’re excited to introduce our new online stall application process, which replaces the old paper-based form. This will allow us to respond to your application more quickly and, in doing so, support more small businesses, entrepreneurs, and farmers at the Pretoria Boeremark.