Oor ons

Die Boeremarkkonsep

Baanbrekerswerk deur TLU SA

TLU SA het in 1992 baanbrekerswerk gedoen met die vestiging van ‘n Boeremarkkonsep wat landswyd in verskillende vorms toegepas word. Die konsep berus op ‘n verkorting in die prysketting tussen die produsent en die verbruiker, wat tot beide partye se voordeel strek.

Duisende verbruikers stroom Saterdagoggende na die mark om plaasprodukte by die produsente te koop.

Op die verhoog

Plaaslike kunstenaars kom maak gereeld musiek op ons verhoog. Verder kan jy uitsien na optredes deur orkeste, trompoppies en die immergewilde Cantina Brass blaasorkes.